Op die maat van die 6de Simfonie en goeie ‘n
Merlot, Tafelberg, die Swart Suidooster, musiek en menswees.
‘n Psalm vir Ludwig
Hulle dag
hy’s doof, die man met die vuursteen hart
en die
persoonlikheid soos skurwe ystervylsels.
Tog hoor hy
die klanke wat vir ander deur
die gleuwe
tussen note val
en die fyns’t
gespinde drade van menssiel weef tot
‘n
veelkleurge Josefskleed van bestaan.
Hul dag
hy’s stom, die man met die wilde hare
en die doodsmasker
blik in sy oë.
Maar met
inkpot en veer en sy vyf-lyn-papier
word sy eie
siel verfkwas ,
en praat hy
op God se manier.
En hulle
dag hy’s dom,
met sy
snaakse stap,
sy
selfspraak, vinnige vloek,
en sjarme
van koue beton.
Tog is sy
hand vadersag,
spreek hy
tot die wereld in taal
wat die slegs
die ewigheid toekom.
Hulle dag
hy’s wild,
en hulle
was reg.
Sy dae was
getel by geboorte
en die res
was…
…was
alleen,
verwilderd,
binne homself,
worstellend
met
geesgedagtes groter as die mensdom…
Altyd eg.
Sela
Amper drie
honderd jaar is verby
en nou is
die vervloekte ‘n erfenis.
Ons reik na
hom -
die man met
die wilde hare,
met
patetiese swartbord en kryt,
stom,
doof,
mal,
met sjarme
van beton
en ‘n hart
vol verwyt.
Want hy
hoor die note en ken die stryd
wat vir
meeste deur die krake val.
Wat ons mis
en laat
smag,
teug,
en hyg,
na sy
Josef’skleed,
en die dowe
oor van hom
wiese
klanke die ewigheid toekom.